NCA GP REAKSIE – ROODEPOORT
31/07/2024
14:16

NCA Reaksie lid ontvang berig van ‘n 6-jarige kind wat deur ‘n Motorfiets gestamp is.

Die kind was gestamp op die hoeke van Swart Avenue en Andries Bruyn straat. Volgens inligting het die kind saam met  sy naskool juffrou geloop en toe oor die pad gehardloop. Na bewering het die motorfiets met ‘n spoed gery, sy regter flikkerlig aangesit maar reguit aanhou ry en die kind gestamp. Nodige Nooddienste is ontbied.

Volgens mense op toneel het die verdagte weggehardloop. NCA Reaksie het hom gaan soek en op die hoek van Sonop en Andries Bruyn Straat gekry en terug vergesel na die toneel tot die West Rand K9 eenheid hom gelaai en Roodepoort stasie toe geneem het.

Baie dankie aan almal betrokke.