NCA GP REAKSIE – VEREENIGING
20/08/2024
15:21

NCA Koördineerder ontvang ‘n oproep van ‘n ouma wat aanklop vir haar dogter (biologiese ma) wie se kind oor die naweek (16/8/2024) deur die biologiese pa onwettig saam met hom geneem is na Meyerton waar hy woonagtig is. Daar was ‘n saak oopgemaak, verhoordatum reeds bepaal en wou sy net iemand hê ter ondersteuning en veiligheid vir die biologiese ma.

NCA Reaksie lid maak kontak met biologiese ma, hulle ontmoet by Meyerton Polisie Stasie. Vanwaar hul vergesel word deur SAP na die adres van biologiese pa.

Op toneel aangekom was daar ‘n woordestryd tussen partye op ‘n latere stadium was die kind oorhandig aan die biologiese ma. Partye onttrek van toneel.

Baie dankie aan almal betrokke.