07 /04/2024
17:21
VRYSTAAT REAKSIE
Groot storm los bars in Kroonstad op die laat Sondag middag. Al die Kroonstad Responders is betrokke. Dit is ‘n muurnes van bedrywighede. Die responders spring in help waar nodig met huise wat oorstroom, paaie word toegemaak en gemonitor. Verslae van padtoestande word deur gegee.
Sommige areas was meer geaffekteer as ander. Situasie is gemonitor en die nodige is gedoen om deur nag te kom.
Op die oggend van die 8ste kon bepaal word dat daar groot skade is wat aangerig is deur die storm. Dit het steeds gereën. Daar was ñ moontlikheid van ‘n tweede storm. Situasie is gemonitor. Groot dele van Kroonstad was krag loos gelaat, n totaal van
896 krag klagtes ontvang, herstelwerk duur voort. Alle paaie is in tussen oop na groot skade aan infrastrukture
Reaksie lede was ook betrokke waar verskeie voertuie uit die water gesleep moes word, mense uit huise verwyder. Reaksie het ook help soek na man wat mee gesleur is deur water.
Daardie soektog word more 12/4/2024 hervat.
SAP duikers, reaksie lede asook 3 drones word ingespan om langs rivier oewer te soek.
Baie dankie aan al die partye betrokke.