NCA Vrystaat Reaksie wys hulle deursettingsvermoë om lede veilig te hou, Hennenman, OVS

Op 9 November 2020 omstreeks 23:15 was ek deur n NCA lid gekontak omrede hulle asook die bure se honde baie onrustig was en geblaf het en die alarm wat afgegaan het by die buurman. Ek is uit toneel toe om te gaan kyk wat aangaan. Ek het onder in die pad my voertuig gelos en tevoet ondersoek gaan instel met die hoop om die verdagtes makliker te hoor maar sonder enige sukses. Die buurman se elektriese heining was egter geknip, wat die alarm laat afgaan het.

Op 10 November 2020 het ek toe besluit om die twee verlate eiendomme langs die lid se huis te patrolleer. In die laaste kamer van die een huis het ek n verdagte gekry wat in die kas geslaap het. Ek het die man gevra om die eiendom te verlaat waarop hy toe geweier het. Ek het Hennenman SAPS gekontak om n voertuig uit te stuur. SAPS het die man en sy besittings toe verwyder en ook n nota gemaak om beide die eiendomme te patrolleer snags

Scroll to Top