NCA KZN REAKSIE
23/05/2024
07:37 Deurlopend
07:37 Berig ontvang dat N3 geblok is net na Pavillion. Verkeer het heeltemal tot stilstand gekom. Daarna volg berigte van heelwat ander areas wat ook geraak was.
09:00: Kommissaris van Polisie het die streek besoek.
11:00: Ontvang Suid Kus lede berig van Protes aksie in Port Shepstone. Die hele Port Shepstone was af geblok deur huurmotors.
GEEN ingang of uitgang was moontlik. Een van Reaksie lede was self ook vasgevang in Port Shepstone vir ongeveer een en ‘n half uur. Ouers kon nie hul kinders gaan afhaal by die skole nie. Ongeveer 15:30 was paaie weer oopgestel in samewerking met die SAPD. Daar is ‘n ooreenkoms bereik op ‘n vergadering wat plaas gevind het.
Teen laat-middag was alles terug na normaal. Situasie word deurentyd gemonitor.
Baie dankie aan almal betrokke.