NCA GP REAKSIE
02/10/2024
10:30
Sekuriteitsfirma kontak NCA Reaksielid vir bystand op toneel waar ‘n minderjarige kind ontvoer is. NCA staan af op toneel om 10:30. Spanning tussen familie lede is ontlont. Die pa het ‘n rukkie later op gedaag met die kind. Bespreking tussen partye vind plaas en nadat alles onder beheer was onttrek NCA vanaf die toneel omstreeks 13:00.
Om 13:15 word Reaksielid gekontak deur ‘n Prokureur wat optree in belang van die kind en word ingelig dat die probleem weer opgevlam het. NCA staan af om 14:15. NCA verlaat die toneel om hul te gaan aansluit op die ligging waar die ma en kind hul bevind. Reaksielid kontak die Prokureur om seker te maak alles is in plek en om hom op hoogte van sake te bring.
Die Reaksielede het seker gemaak moeder en kind is veilig. Reaksielede vergesel die Ouma en ma terug na toneel om sodoende klere te kry. NCA staan af om 17:00
Baie dankie aan almal betrokke.