22/12/2020
Plaas aanval te Mareetsane
20/12/2020
00:13
Mnr Pretorius was lande toe om om te sien na die plantery.
Mev Naomi Pretorius is in haar bed oorval deur twee gewapende aanvallers, daar was ‘n derde aanvaller buite.
Sy is met ‘n pistool oor die kop geslaan en gedreig. Een van die aanvallers het op haar gaan sit, haar gedreig en gewurg. Sy is van die bed afgepluk en met kabels vasgemaak. Sy is weer gedreig om die kluis oop te maak. Hulle het die kluis oopgemaak, haar juwele, 2 haelgewere en ‘n .22 geweer gesteel. Toe haar man terug keer, het hulle weg gehardloop.
Omstreeks 00:13 is Ben Champion van Ratlou Veiligheid asook NCA Reaksie NW ontbied, waarna hy dadelik Setlagole sowel as Mareetsane se Reaksie mag ontplooi het. Hulle het begin spoorsny.
Sondag is helikopters, een van Fedility en een van Kobus Oosthuizen van Stella, ingespan om met ‘n lugsoektog te begin.
Sondag oggend net na 06:00, is ‘n verdagte wat hardloop en in ‘n boom in klim, deur een van die lede, wat op die silo toring by Klipperani Bunker opgeklim het, opgemerk. Die verdagte is gearresteer en ‘n magesyn is wel aan hom as persoon gevind.
Vandag, 22/12/2020, is die wapens terug gevind ‘n ent weg van die huis af in die rigting van Setlagole, deur die speurders van Setlagole.
Twee verdagtes is steeds soek, sowel as die 9mm pistool wat tydens die aanval gebruik is.
Gelukkig is niemand ernstig beseer nie, Mev Pretorius is wel erg getraumatiseer.
Ondersoek gaan steeds voort.
Die verdagte wat gearresteer is, is afkomstig van Leeudoringstad, is tans uit op parrool en het ‘n láng kriminele rekord onder andere vir verkragting en huisbraak.
Baie dankie aan
Ben Champion, Ratlou Veiligheid en NCA Reaksie NW
Setlagole en Mareetsane Ratlou Reaksie mag
SAPD Setlagole
Fedility en
Kobus Oosthuizen