Op 11 November 202 om 20:06 het ons n stemboodskap ontvang van n plaasmoord buite Odendaalsrus. NCA Vrystaat Reaksie het dadelik gereageer en van die buurdorpe, Welkom, Bothaville en Hennenman na die toneel gehaas om te gaan help. Ons het as gevolg van te min inligting die paaie ook toegemaak so ver ons kon. Met die aankoms op die toneel het ons n boodskap gekry van n tweede aanval net buite Hennenman. Lourens van Hennenman het toe op Odendaalsrus afgestaan en deurgehaas Hennenman toe om daar te gaan help, asook 2 ander lede van Welkom. 3km voor die pindrop het ons bevestiging ontvang dat die aanval te Hennenman n vals alarm was. Ons het dadelik omgedraai om weer op Odendaalsrus te gaan help. Met die aankoms op die toneel het ons met Welkom se polisie honde eenheid kontak gemaak om te hoor waar ons hulp benodig word. Ons was gevra om die twee kampe deur te ry. Met behulp van die twee nagsig ligte het ons beide kampe deursoek maar geen sukses gehad om die verdagte te vind nie. Die tweede verdagte was deur die oorledene se vrou doodgeskiet. Ons het later ook n “Thermal Drone” op toneel gehad om te help soek na die verdagte wat te voet was. Omstreeks 00:17 is die roep gemaak dat ons almal maar kan afstaan en dat daar geen teken van die verdagte is nie.