10/01/2021
Omstreeks 00:00 is ‘n oproep ontvang van ‘n plaas eiernaar wat iemand gewaar. Kort voor die oproep het ons berig ontvang van ‘n lid wat 4 persone oor ‘n pad sien hardloop, wat baie verdag voorgekom het. Die klere beskrywing van die twee voorvalle het ooreengestem. Ons is onmiddelik uit na die perseel. Op die plaas kon ons nog die flitsligte sien en die verdagtes het twee skote op ons afgevuur.
Ons het hulle agterna gesit en ń wit voertuig wat langs die pad staan opgemerk, waarheen die verdagtes gehardloop het, waarmee hulle weggejaag het.
Die voertuig het op ‘n grondpad in gedraai en sy ligte afgesit. Ons het hulle spoor verloor. So 30 min later het hulle weer terug gekom. Ongelukkig het hulle ons weereens ontglip.
BAIE DANKIE
NCA NW Reaksie
Pieter du Bruin
SA ARMED RESONSE