NCA GP REAKSIE – ELANDSPOORT
19/08/2024
14:30

Ontvang ‘n noodroep van poging tot kabel diefstal.
Inwoner van Danville benodig hulp om die staal hak en tou vanaf sy huis se oorhoofse krag kabel te verwyder.

Moontlike verdagtes het in ‘n massiewe boom geklim en die hak oor die kabel gegooi met die doel om dit afteruk. Inwoner het alarm gemaak en die verdagtes het gevlug.

Die hak is verwyder. Onttrek vanaf die toneel..

Baie dankie aan almal betrokke.