NCA OVS REAKSIE
19/10/2024
17:05

Omstreeks 17:05 het n Wit Toyota Hilux ons verby gevat en kort daarna uitgeswaai tot op die skouer van die pad nadat ‘n voertuig van voor in die aankomende verkeer voor hom ingeswaai het. NCA Reaksie lid was agter die Hilux en moes ook uitswaai. Reaksie lid het onmiddelik stilgehou en n U-draai gemaak en die voertuig agtervolg rigting Kroonstad. Reaksie lid ontbied hulp.

Gedurende die tyd wat Reaksie lid agter die voertuig was het hy weer n hele paar keer voor aankomende verkeer ingery. Voertuig het 12km voor Kroonstad stilgehou waarna en Reaksie lid het die persoon genader om te verneem of of alles reg is. Persoon het bevestig alles is in orde en het weg gejaag. Reaksie lid het die voertuig weer agtervolg tot waar dit teen ‘n stopteken tot stilstand gekom het waar hy beheer oor sy voertuig verloor het. Voertuig het teen n hoë snelheid beweeg en het op R34 by die Koppies afrit n 360grade draai gemaak en verder gejaag. Links gedraai op N1 Suid vir ongeveer 1km, oor die middelman n u-draai gemaak en toe rigting Noord gery en die Vredefort afrit geneem waar sy voertuig kort daarna teen die stopteken tot stilstand gekom het.

Die persoon het egter baie lewens in gevaar gestel. Geen geweld was egter gebruik nie. SAPS en verkeer neem saak verder.

Baie dankie aan almal betrokke.