SAPD hoef nie ‘n afspraak te maak om jou op ‘n plaas te kom sien nie, veral nie as hulle ‘n saak ondersoek nie. Dis egter net etiket om ‘n reëling te maak met ‘n tyd.
Indien SAPD op jou plaas opdaag, wat doen jy?
As ‘n polisie beampte, uniform of nie uniform by jou opdaag by jou huis, is jy gemagtig om te vra vir identifikasie en ‘n aanstellings sertifikaat wat hulle by hulle MOET hê!
Sou hulle dit NIE by hulle het NIE, óf dit vir jou weier, MAG jy hulle TOEGANG TOT DIE PERSEEL EN ‘N ONDERHOUD WEIER.
SAPD kom na plase toe:
■Wanneer hulle ontbied is
■Wanneer hulle ‘n saak ondersoek – speurders/veediefstal ens
■Misdaad voorkoming
Sou SAPD (stasie lede) uitkom om ‘n saak oop te maak bv vir veediefstal, sal hulle ‘n verklaring aflê en sal die Speurders uitkom om die saak te ondersoek. Daar is GEEN rede vir die stasie om WEER nadat hulle die saak oopgemaak het die saak te ondersoek NIE, die Veediefstal Eenheid se Speurders sal dit doen.
As ‘n polisie voertuig inkom by jou erf:
● Skryf die voertuig registrasie nommer neer.
●Skryf die vanne op die naamplaatjies neer.
●As ‘n polisieman by jou opdaag en hy het nie ‘n naamplaatjie aan nie, is dit REEDS verdag.
●Meld verdagte optrede aan by die Stasie Bevelvoerder, sodat ondersoek ingestel kan word.
●GEEN inligting wat jou veiligheid kan benadeel word weergegee nie. Bv. Waar kameras is, wanneer Patrollies gery word, Wie of hoeveel woonagtig in ‘n betrokke huis is of waar die skaapkraal is ens. nie.
●Indien jy enigsins ongemaklik voel BEL of ROEP VIA ZELLO/RADIO vir bystand. Jy kan selfs jou Namola oop maak en die SOS knoppie gereed hou om hulp te ontbied indien nodig voor jy uitgaan.
Meld voorvalle by NCA en jou Plaaswag aan.
NCA gee ons volle SAMEWERKING aan die SAPD en bly ALTYD binne die raamwerk van die WET om misdaad te bekamp.
‘n Gedagte om te onthou: WAAKSAAMHEID EN OPLETTENDHEID IS ‘N LEWENSWYSE!!!