25/12/2020
Daar het vanoggend ‘n oproep ingekom van ‘n moontlike selfmoord poging op die R101/N14 brug waar ‘n dame reeds aan die anderkant van die reëling staan om voor ‘n voertuig in te spring van die brug af.
Delta Victor 1 was onderweg daarheen.
Op toneel aangekom het ons die persoon omsingel, haar oorrompel en terug gebring na veiligheid.
Critical Care Ambulans Dienste het ons bygestaan en die dame afgevoer na Kalafong Hospitaal.
Ons het die naaste familie gekontak en hulle uitgestuur na die hospitaal waar hulle met haar sou herenig. Omstreeks 09:50 staan ek af op die saak.
Baie dankie
Delta Victor 1, NCA GP Reaksie
Critical Care Ambulans Dienste