NCA GP REAKSIE – BOKSBURG
04/08/2024
13:00
Sondag middag, omstreeks 13:00 het NCA reaksie lid ‘n oproep ontvang ten opsigte van ‘n geskietery in die Boksburg area. Die voorval het toe na nood groepe toe beweeg waar verskeie reaksie lede van verskeie dienste almal gereageer het na die toneel. Met aankoms op toneel het mediese personeel op die pasiënt begin werk, waar hulle toe moet begin KPR toepas om die pasiënt te probeer terugbring. Ongelukkig na 1uur se KPR was daar niks wat mediese personeel verder kon doen nie was die pasiënt dood verklaar.
Die insident was n Rolex gang insident waar ‘n pa en sy familie gegaan het om by Spur te eet. Toe hulle uit kom is die familie oorval deur 4 manlike verdagtes wat gewapen is met 9mm’s. Daar was 6 skote afgevuur waarvan 3 die man getref het. Twee van die patrone is in die slagoffer se linker long in en die ander een in die linker onderbeen. Die motief vir die skietery was vir n horlosie en het voor die familie se oë gebeur.
Nodige dienste is na toneel ontbied insluitende trauma beraders om familie te ondersteun.
Ons innige meegevoel vir die familie in hierdie moeilike omstandighede.
Baie dankie aan almal betrokke.