SLANG UIT ERF VERWYDER

NCA GP REAKSIE
26/10/2024
07:15

NCA Reaksielid ontvang ‘n noodroep van ‘n slang in Steyn Straat Elandspoort. Op toneel word daar ‘n jong slang gevind. Tipe slang was op daardie stadium onbekend aan almal op toneel. ‘n Vinnige besluit is geneem en lede het besluit dat die slang na Pretoria Nationale Dieretuin geneem moet word.
Nodige dokumente is voltooi en die slang is oorhandig aan ‘n dame by die Reptiel afdeling wat bevestig dat dit ‘n paar dae oue Eier Vretertjie is.
NCA Reaksie lede onttrek by die Dieretuin.

Baie dankie aan almal betrokke.

Scroll to Top