NCA GP REAKSIE
09/06/2024
17:30
Reaksielede ontvang inligting van ‘n Tref en trap voorval op die hoeke van Martini Henry/Armstrong in Elandspoort. Op toneel aangekom word inligting bevestig. Besope motoris, het bo oor twee kinders (4 jaar en 13 jaar) gery wat op die sypaadjie gesit het. Die beseerdes is per ambulans vervoer na die naaste hospitaal vir behandeling. Metro word ontbied na toneel.
Die bestuurder het vinnig die toneel verlaat. Die gemeenskap het oproerig geraak en wou die voertuig aan die brand steek en op ‘n latere stadium ook die voertuig omgooi. Die betrokke Responders het die voertuig en toneel beskerm na beste van hul vermoë en SAP bygestaan deur brandpunte uit te wys.
Die Lede van gemeenskap het meer aggressief begin optree, die SAP lede op toneel was te min om die situasie te hanteer en Responders was genoodsaak om versterkings te vra van SAPD. Gemoedere het bedaar en alles keer terug na normaal. Na vele pogings het SAPD daarin geslaag om voertuig van toneel te verwyder sonder enige verdere voorval. Almal staan af.
Baie dankie aan almal betrokke.