NCA GP REAKSIE
08/07/04/2024
18:23Oproep ontvang van 12 beeste wat vermis word in die Bultfontein area.
Drade geknip en beeste aangejaag in rigting van Soshanguve.
Reaksie lid het met lokale K9’s spoor gevat en die beeste sowat 4km van hulle blyplek opgespoor.
4 x Verdagtes het gevlug, maar ons kon daarin slaag om 3 van die verdagtes op te spoor en aan SAPD te oorhandig.
Die beeste is terug gejaag en die drade is herstel.
Die verdagtes word aan vorige misdrywe gekoppel.
Nou wag ons vir die gereg om sy gang te gaan.
Baie dankie aan almal betrokke.