NCA NW – SERA REAKSIE
SWARTRUGGENS
25 MAART 2021
Omstreeks 23:10 tydens routine patrollie deur NCA NW REAKSIE /SERA lede, Sarel en Nicolaüs, het Nicolaüs op ‘n verdagte afgekom wat besig was om uit ‘n plot erf uit te kom oor ‘n wildsheining, die verdagte het terug geklim in die plot en verdwyn in die bosse. Nicolaüs het Sarel laat weet dat daar probleme is en moet bystand bied. Die eienaar, Marius Scholtz is per tellefoon wakker gebel en ingelig dat daar aktiwiteite op sy grond is, hy het uitgekom en Nicolaüs het hom gewys die merke en spore by die draad. Sarel en Marius het die gronde deursoek, en Sarel het Marius afgelaai by sy huis, Sarel en Nicolaüs is terug na hul wag plek in die dorp, en met aankoms het Marius vir Nicolaüs gebel en gesê daar is n groot probleem, hy moet die kamera beeld kom kyk, bystand is ingeroep deur Sarel, waar Dirk, Willie en Timothy Z bystand gelewer het. Met kamera materiaal is verdagtes sowel as die voertuig waargeneem.
Het drie mans afgelaai, soos per kamera, Totaal 4 omdat 1 reeds iewers in die bosse verdwyn het.
Die patrollie lede het per voet en voertuig die area gefynkam. Die area is gedek en Marius het die lede ingelig dat die verdagtes van die treinspoor afgegaan het en was vermoedelik onder die brug in. Die treinspoor, so ver soos dit toegelaat is daar met voertuig gepatroleer, maar dis duidelik dat die beplanning van die verdagtes in die wiele gery is.
Daar is opgevolg met Marius oor hul veiligheid na die voorval, en weer vanoggend 26 Maart 2021. Alles is veilig, maar eienaar is paraat en NCA NW REAKSIE/SERA op bystand.
BAIE DANKIE
Nicolaüs – NCA NW REAKSIE-SERA
Sarel – NCA NW REAKSIE-SERA
Timothy Z – NCA NW REAKSIE-SERA
Dirk – NCA NW REAKSIE-SERA
Willie – NCA NW REAKSIE-SERA
Maruis – Gemeenskaps lid video materiaal.