NCA GP REAKSIE – NIGEL
23/07/2024
21:28
NCA Reaksie lede het op pad na ‘n ander toneel op ‘n verlate vragmotor afgekom. Na verdere ondersoek is bevind dat dit ‘n gesteelde vragmotor is. Nodige dienste is in kennis gestel en het na ‘n wyle afgestaan. Klaer was ook na toneel ontbied. Die vrag, 10T staal is gesteel. Drywer word vetmis.
00:52 Drywer is opgespoor en veilig. Geen verdagtes gevind. Trok word ingeboek by SAP 13 stoor. NCA Staan af.
Baie dankie aan almal betrokke.