NCA MP REAKSIE – VOLKSRUST
07/10/2024
12:46

Noodroep ontvang van dame wat aanmeld dat daar ‘n ongeluk voor haar erf gebeur het, een van die voertuie betrokke het deur haar heining gebars. Insittendes van hierdie voertuig het weg gehardloop. NCA Reaksie lede staan af op toneel en bekom volgende inligting. Die persone wat weg gehardloop het, het ‘n gewapende roof uitgevoer op die persone in tweede voertuig. Die mense wat beroof was het agter rowers aangery en hulle gestamp waarop hul deur die heining gery het. SAP is ontbied na toneel. Verdagtes vlug te voet en is gewapen. Die drywer is opgespoor en word terug geneem na toneel. Ander NCA Reaksie lede fynkamp omliggende areas opsoek na oorblywende verdagte. ‘n Wenk word ontvang van die publiek dat verdagte in ‘n sekere huis ingegaan het. Verdagte gewaar die NCA Reaksie lid en vlug. Na ‘n jaagtog is hy gevang by die bome aan linkerkant soos jy uit Volksrust ry. Al die verdagtes is dus gearresteer. Saak word oorhandig aan SAP, NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.