01/12/2020

Goeie resultate is behaal toe Deon Moolman, NCA Reaksie Noordwes, ‘n voertuig op die N12 agtervolg het, nadat hy gesien het agter in die canopy sit iemand wat geboei is.  Dit was baie verdag.  Ek het bystand gereël en SAPD Fochville gekry om die voertuig by die R500/N12 kruising af te trek.  Twee verdagtes is gearresteer en na ondervraging word vermoed dat hulle by die onwettige handel van diamante en vuurwapens betrokke is.

Baie dankie aan

Deon Moolman, NCA Reaksie Noorwes en SAPD Fochville