NCA GP REAKSIE
17/07/2024

16:05

Ontvang berig van ‘n 8 jarige dogter wat nie na skool by huis aangekom het nie. Skool het ouers bygestaan, opvolg werk gedoen, niemand het haar na speeltyd gesien nie. Sy ry met bus skool toe en terug. Busse word dus deursoek en met drywers gepraat.

17:28 Word betrokke dogter veilig gevind. Sy het op verkeerde bus geklim. Sy word veilig aan moeder oorhandig. NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.