NCA GP REAKSIE – VEREENIGING
11/07/2024
17:23
NCA Reaksie lid ontvang oproep van bekommerde ouers dat hul dogter die huis ontsteld verlaat het en dreigement van selfmoord gemaak het. BOLO op voertuig word gemaak met nodige instruksies. Na vele probeerslae het NCA Reaksie lid kontak met die dame gemaak. Sy het ‘n pin drop gestuur van waar sy haar bevind. Sy was by aankoms egter nie daar nie. Sy het nog ‘n pin drop gestuur en die NCA Reaksie lid het intussen mediese bystand gereël. Om 18:14 het NCA Reaksie lid haar opgespoor. Nadat hy haar gekalmeer het, het hy agter haar aan gery tot sy veilig by haar ouers was. 18:21 NCA staan af.
Die volgende dag was dame deur NCA gekontak en is sy in kontak gebring met mense om haar by te staan en haar geestelik te versterk.
Baie dankie aan almal betrokke.