NCA GP REAKSIE – ANTI HIJACKING UNIT
19/06/2024
22:54

Roep om hulp ontvang van twee bejaardes wat 06:30 vertrek het vanuit Warner Beach aan die kus van KwaZulu-Natal en teen 22:54 die aand nog nie tuis was te Deneysville in die Vrystaat nie.

23:00 Word kameras ge-aktiveer. Voertuig het om 15:30 deur Piet Retief beweeg.
Volgende deur kamera op die N17 waar dit 18:08 tussen Bethal en Ermelo beweeg het.

Spanne van Ermelo en Bethal ry en soek na voertuig in verskeie dorpe. Soektog lewer niks op nie. Volg op om uit te vind van ongelukke in die area sowel as hospitale en Gastehuise word besoek, lewer niks op nie.

Voertuig deur kamera opgetel in Delmas 22:00. Spanne werk Delmas asook rigting Heidelberg. Lewer niks op.

00:24 Heidelberg kameras word geaktiveer. Voertuig word nie opgetel nie, spanne werk terug in rigting van Delmas en Heidelberg.

02:40 Word bejaarde egpaar veilig en ongedeerd gevind by die Sasol Garage op die hoeke van R23/Schoeman straat. Sekuriteitsfirma se voertuig vergesel hulle tot op ‘n punt. Daar is nog ongeveer 30 minute se reistyd vir die egpaar oor tot by hul eindbestemming.

Ons maak kontak met familie en stel hul in kennis dat hul gevind is en ongedeerd is en dat die Oom nog fris genoeg voel om die pad aan te pak tot in Deneysville. Stel hul ook in kennis van die voertuig wat hulle gaan vergesel tot op ‘n punt.

02:58 Laat familie weet hulle is veilig tuis. Ons staan af.

Familie dra dank oor aan almal betrokke.