NCA FS REAKSIE
21/05/2024
21:26

Ontvang boodskap van 19 jarige jongman wat 18:00 laaste keer gesien is waar hy met ‘n Grys Audi A4 uit Heuwelsig in Bloemfontein gery het. Daar is nie weer van hom gehoor nie.

Inligting word gesirkuleer na verskillende kameras daar is egter geen aktiwiteite daar nie. Bloemfontein Reaksielede ry en fynkamp areas waar hy hom kan bevind.
Intussen is omliggende dorpe se reaksielede op bystand en gereed om te beweeg sou dit nodig wees.

22:17 Seun en voertuig Opgespoor in ‘n woonbuurt in Bloemfontein. Ouers in kennis gestel. NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.