Op 19 Desember 2020 omstreeks 11:15 het die NCA Vrystaat Reaksie Hoof op n toneel afgekom tussen Welkom en Riebeeckstad waar daar n voertuig langs die pad gestaan en brand het. Die owerhede is deur middel van Namola gekontak. Lourens Smit het toe ook privaat een van sy reaksie lede ,Carel Fouche, gekontak van Welkom wat by Hazquip werksaam is om te kom assissteer.

Die verkeer is herlei na die een baan om die ander baan toe te hou sodat die owerhede hul werk kan doen. Die Munisipale Brandweer het 11:25 op die toneel aangekom en voorbereidingswerk begin doen. Kort daarna het Hazquip arriveer en het die Munisipale Brandweer onttrek.  Hazquip het voortgegaan en die brand geblus.

Lourens het die toneel oorgegee aan Carel Fouche wat verder leiding geneem.

Om 12:02 het Carel laat weet via Zello dat alles onder beheer is, die brand geblus is en dat hul afstaan van die toneel.

Geen beserings of sterftes is aangemelt nie danksy flinke optrede.

BAIE DANKIE

Namola

Carel Fouche en die Hazquip span van Welkom.

Lourens Smit

Saam is ons beter.