NCA GP REAKSIE – ANTI HIJACKING
26/06/2024
11:45
Om 11:45 het NCA reaksie lid ‘n oproep gekry van ER24 stasie in Johannesburg Suid van ‘n saak wat aangemeld is waar iemand aangerand is. Hy reageer en beweeg uit na waar beseerde hom bevind. By Polisie Stasie is pasiënt onmiddellik gelaai en na ‘n naby geleë hospitaal toe geneem.
Dit bekend geword dat pasiënt ‘n slagoffer was van ‘n kaping op die N17/N3 split ongeveer 11:00. Inligting word op die Anti-kaping groep geplaas. Pasiënt is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem en ‘n saak van voertuig kaping, poging tot moord en aanranding is oopgemaak.
Eienaar was ook teenwoordig met opname van pasiënt, en verskaf nodige inligting.
Inligting rondom kaping:
Wit Mahindra (Single Cab) het van Middelburg beweeg na Gauteng. Sleepwa met voorraad was agter bakkie gesleep en ook geneem. Twee voertuie betrokke: (Toyota Legend 45 met ‘n wit lig op dak, geen plate en Blou Toyota Quest met GP Plate) 6 persone betrokke, almal gewapen.
Na kaping beweeg voertuie in rigting van Alberton. Bakkie en sleepwa word op kameras gelaai, en stelsels word gemonitor.
Om 17:49 ontvang NCA Dispatch ‘n oproep van eienaar wat gekontak was deur ‘n SAPD lid wat voertuig verlate gevind het en hom na Alberton Polisiestasie geneem het. Die lid het eienaar se besonderhede in ‘n faktuur boek wat in kajuit was bekom. Eienaar en sy Gautengse vennoot maak hul weg na Alberton Polisiestasie.
Omdat NCA dispatch sowel as eienaars nie seker was of dit ‘n “lokval” was nie het NCA alternatiewe maatreëls in plek gekry. NCA het met ‘n sekurteitsmaatskappy reëlings getref om area te besoek om te kyk of alles in plek is en om eienaars by te staan en veilig te hou. Bakkie sowel as sleepwa met vrag is terug gevind. Almal vertrek na hul bestemmings. Wolf Corp betuig hul dank aan NCA vir flinke en professionele optrede. 20:11 NCA staan af.
Baie dankie aan almal betrokke.