NCA GP REAKSIE
03/10/2024
12:10
Omstreeks 12:10 ontvang NCA Reaksielid ‘n noodroep in verband met diefstal van vullisdrom.
Inligting is dat n jong man vanaf Danville rigting Elandspoort hardloop met ‘n gesteelde vullisdrom wat gemerk is “220”. in Mauserstraat Elandspoort wag NCA Reaksie lid hom in en kort op sy hakke is ‘n dame wat agterna sit. Die persoon maak ‘n vinnige besluit en los die drom net daar en spring oor ‘n heining en verdwyn.
Suksesvol kon ons die drom veilig terug besorg aan die wettige eienaar in Danville.
Reaksie lid onttrek vanaf die toneel.
Baie dankie aan almal betrokke.