NCA NW REAKSIE
09/05/2024
21:55

Word gekontak deur bekommerde skoondogter wat nie kontak met haar skoonma kon bewerkstellig nie, sy was Woensdag aand laaste op lyn en vandaar is albei fone af. Versender skakel ook die nommers en bevestig fone is af. Sy is woonagtig op ‘n plaas. Sy het twee maande gelede daar ingetrek en die familie het geen kontak besonderhede van eienaar of bure nie.

Reaksielede van Potchefstroom word geaktiveer. Met aankoms word vasgestel dat alles in orde is en dat tannie veilig en gesond is. Sy het egter geen sein gehad van vorige aand nie. Responder laat toe dat sy ‘n stemboodskap op sy foon opneem vir die bekommerde familie. Responders verlaat die toneel en stemboodskap word na familie gestuur. 23:49 NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.