⚔️ NCA NW REAKSIE ⚔️
📌 Swartruggens 📌
Bystand op ongeluks toneel
Dinsdag 15/09/2020 om 22:27 op die N4 rigting Zeerust, het ‘n vragmotor van agter af binne in ‘n ander vragmotor gebots om en by 22:19 waarna ondersoek ingestel is en gesien is wat was die stand van sake is.
Om 22:27 het Lucinda de Klerk NCA/SERA lid per noodgroep van die ander SERA lede ontbied.
Met aankoms is gevind dat die trokdrywer nog in die trok was, en die deur was erg beskadig.
Sarel de Klerk NCA/SERA het die deur oop gebreek.
Die pasiënt wat werksaam is te Zeerust is ondervrae vir beserings.
NCA het deur Namola gereël vir Nood dienste terwyl Milize de Klerk oorgeneem het om die pasiënt wakker te hou tot die ambulans opdaag.
Dirk J V Vuuren NCA/SERA en Leon Kelly het verkeer beheer en gesorg dat die res van die helpers veilig is. Gina Kelly het die trokdrywer se werkgewer in kennis gestel.
NCA lede was op bystand per whatsapp die heel tyd gedurende die geval.
Die ambulans was in n redelike goeie tyd op toneel en so ook die brandweer, aangesien hulle van Koster af kom.
SAPD lid wat op die toneel was, het redelik hulp verleen. Die pasiënt het ons gevra ook om asb sy persoonike items uit te haal en vir sy werkgewer te gee, waarna die werkgewer ook gereël het vir n privaat ambulans en hospitaal.
ER24 personeel lid het die besittings saam hom geneem omdat hy saam met hom hospitaal toe gegaan het. Abdul van Swartruggens inslepe het waarlik ‘n goeie werk gedoen met die skuif en hak van die trok. Zeerust insleep dienste kan ek ook enige tyd aanbeveel, hulle mense is baie goed opgelei.
Omstreeks 02:45 is die trok verwyder en om en by 03:00 is die pad oopgemaak vir verkeer.
Milize en Willem het gewag tot dit lig word en veilig is, toe gaan maak hulle die toneel skoon. Bakwena het toe ook kom help daarmee.
🤝🏻Dankie aan elke een wat gehelp het in die saak, dit word waarlik waardeer.🤝🏻
Saamwerk red lewens.