NCA Oos Kaap Reaksie
13 September 2020
18:24
Lady Grey
Piet Swart
Piet het ‘n oproep ontvang vanaf die Polisie. Hulle het gevra of hy sal kan bystand verleen by ‘n verdrinking. Iemand het in die dam gespring en verdrink. Hulle het aanvanklik vermoed dat dit ‘n selfmoord was, maar na verdere ondersoek was dit duidelik dat die man wou afkoel na ‘n warm dag. Die oorledene was ‘n jong, sterk, swartman, wat besoek afgelê het aan Lady Grey vanaf Elliot. Sy klere was netjies op die wal opgevou en hy het slegs sy onderklere aangehad.
Piet en span het ongeveer 1 uur na die beswykte gesoek, die water was yskoud, maar ten spyte daarvan het Piet-hulle daarin geslaag om die lyk op te spoor en uit die dam te haal. Dit was ongeveer 20:45 toe die liggaam uit die dam gehaal was. Die Forensiese span van die Polisie het oorgeneem nadat Piet en Span die liggaam uit die water verwyder het.
Baie dankie aan almal wat betrokke was