⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 Boshoek/Ledig📌

CASH IN TRANSIT
Maandag 9/12/2019 om 17:55 het Rudolf du Plooy NCA/Boshoek GPF my gekontak vir bystand op die R565 tussen Boshoek en Ledig naby Maseve Myn waar rowers besig was met ń G4S CIT.
Rudolf het aan my bevestig die skote klap nog en die 8 verdagtes met ń wit Dubbelkajuit Hilux en ń Roesbruin X5 is swaar gewapen.
Ek het kontak gemaak met ń lid van Sun City SAPD en SAPD is geaktiveer van Sun City se kant af terwyl Gideon, Rudolf en hul manne die pad toegemaak het van Boshoek se kant af.
Daar was geen beserings nie en niks geld is gebuit nie.
SAPS en Forensics was vinnig op die toneel.
Daar was ń CZ75 9mm Pistool op die toneel gevind.
NCA staan af om 00:15

🤝🏻DANKIE🤝🏻
Rudolf du Plooy NCA/Boshoek GPF
Gideon Erasmus NCA/Boshoek GPF en jul spanne vir jul 1ste klas reaksie and also to all SAPD and Forensic Members involved for your rapid response.
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie

Leave a Reply

Your email address will not be published.