⚔️NCA NW REAKSIE⚔️
📌RUSTENBURG📌

Sukses op Donderdag 03/09/2020
Om 00:17 was ek gekontak deur klient en meegedeel dat daar ingebreek is by hom. Ek het my gehaas na sy perseel. Met aankoms was booswigte reeds die veld in. Niks kon gesteel word as gevolg van vinnige optrede nie. Ek het ‘n verdagte bakkie opgemerk en hom afgetrek. Die bestuurder was ‘n Malawi man. Met ondervraging het hy my meegedeel dat hy van die werk af kom, en dat hy op pad is na sy broer toe. Ek het hom vergesel na sy sogenaamde broer se huis. Ons kon egter nie sy broer kry nie. Die SAPD is gekontak en verdagte is gearresteer onder die Covid 19 regulasie en ingevat stasie toe waar sy vingerafdrukke geneem is vir uitskakeling en om te kyk of hy nie verbind kan word op sake nie.

Baie dankie aan:
Charl Visser NCA NW Reaksie
Rustenburg Landelike Diens (Rebel Dienste) en Buffel Sekuriteit

Leave a Reply

Your email address will not be published.