⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 BOSHOEK📌

DIEFSTAL
Saterdag 16/11/2019 om 11:45 het Gideon Erasmus NCA NW Reaksie/Boshoek GPF ń oproep gekry van ń bron wat hom ingelig het van boosdoeners wat besig is om ń transformer te strip agter die Total Garage.
Gideon en sy span het vinnig reageer en 3 verdagtes betrap waar hulle besig is om dit te strip. Die verdagtes het die hasepad gekies maar Gideon-hulle kon een vastrek.
SAPD is gekontak en hulle is na die toneel toe geneem.
🎖Mooiskoot🎖
Gideon en sy span met jul vinnige reaksie en 🤝🏻 dankie Oom Fred en Alistar and his team for helping to get the transformer out of the river.
Die transformer en die verdagte is SAP Stasie toe geneem en ń Saak is oopgemaak.
Thanks to SAPS members for your assistance.
Faan Swanepoel NW Reaksie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.