⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 BOSHOEK/PHOKENG📌
DIEFSTAL
Maandag 20/1/2020 om 9:26 het een van ons NW Reaksie lede, Barrie Erasmus my gekontak oor probleme by die selfoon toring op die Berg langs die N4 waar daar ń battery diefstal plaasgevind het.
Die Eienaar van die grond het SAPS gekontak maar hulle het hom meegedeel dat hulle nie na die toneel kan gaan nie omrede die pad te sleg is.
Ek het met Kitty en Gideon Erasmus NCA NW REAKSIE/ Boshoek GPF kontak gemaak en hulle het dadelik reageer en na die toneel gegaan.
Gideon het fotos van die toneel geneem maar ongelukkig was alle leidrade deur die reën uitgewis.
ń Saak is geopen en die Saaknommer is deurgegee vir Oom Jan. Gideon en Kitty staan af.
🤝🏻BAIE DANKIE🤝🏻
Kitty en Gideon NCA/Boshoek vir jul vinnige reaksie en puik optrede. 🎖
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie.