⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 RUSTENBURG/REX📌
DIEFSTAL
Maandag 16 Julie 2020 om 19:20 is daar vir bystand met ń diefstal voorval op die REX Veiligheidsgroep gevra.
Niel Vermaak NCA NW Reaksie het ń Pindrop aangevra en dadelik reageer.
Hy is ingelig dat die verdagte voertuig die toneel verlaat en ń beskrywing van die voertuig en ń deel van die Registrasienommer is ook bekend gemaak.
Oppad na die toneel het Niel die verdagte voertuig opgemerk en het dit tot stilstand gedwing. Die verdagtes is fyn dopgehou en met die bystand wat ook vinnig by was is die verdagtes deursoek vir wapens.
Charl Visser NCA NW Reaksie/ RLD het SAPD gekontak en na ń uur en ń half het hulle daar opgedaag en die verdagtes met die gesteelde items is aan hulle oorhandig. Die eienaar sou die saak open.
🤝🏻Baie dankie Niel, Charl, SAPD, en ander lede betrokke wat graag anoniem wil bly.🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW REAKSIE