8 September 2020
10:20
Port Elizabeth
Bernice de Lange
Een van ons reaksielede het ‘n noodroep gedoen, sy was by die winkelsentrum saam met haar ma en was toe geintimideer deur ‘n groep EFF betogers. Sy het gevrees vir haar lewe en het haar vuurwapen gerig om haarself te kan verdedig.
Sy, tesame met twee van die EFF lede, was gearresteer.
Ons reaksielede het haar gaan assisteer op die toneel, party het by haar ma gewag, terwyl ander haar vergesel het na die polisiestasie.
Sy was later vrygelaat na beide partye hul aanklagte laat vaar het.
Dankie aan die Oos-Kaap Reaksielede, asook die Suidlanders se Sekerheidspan.