⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 RUSTENBURG📌

GESTRANDE KIND
Woensdag 22/1/2020 om 16:00 het ń dame in Rustenburg my gekontak en hulp gevra vir haar kind (Johan) wat in Mosselbaai gaan werk soek het. Hy is intussen geroof van al sy besittings en is haweloos.
Ek het onmiddelik na haar huis toe gegaan en ń pin location aangevra van waar Johan hom bevind en hom laat weet hy moet op daai plek bly tot hulp opdaag.
Ek het met Lourens Smit NCA Suid Kaap Reaksie kontak gemaak en die location vir hom aangestuur. Op sy beurt het Lourens vir Johan gaan optel en gereël vir slaap plek.
Amy Jansen NCA Moderator van Mosselbaai en Lourens het “ingeclub” en vir Johan se slaapplek en kos betaal vir die aand.
Oom Oned die Wes Kaap se Reaksie Hoof het ook probeer reël vir ń geleentheid met ń vragmotor op NW se kant toe.
Ons het ń “sponsor” gekry. Sheryl Phillips DA/LP wat in haar private hoedanigheid vir Johan se buskaartjie tot in Rustenburg betaal het.
Donderdagoggend het Lourens vir Johan SAPS toe gevat om sy verklarings af te gee, en daarna is Lourens met hom Binnelandse Sake toe vir die res van sy papierwerk.
Lourens het vir Johan gevat vir “sightseeing” in Mosselbaai en hom op sy gemak laat voel.
Lourens het seker gemaak dat Johan betyds en veilig op die bus is oppad terug na sy Ouers toe.
🤝🏻BAIE DANKIE🤝🏻
Lourens, Amy, Oom Oned en Cheryl vir julle bydrae om Johan veilg by sy ouerhuis te kry. 🎖
Faan Swanepoel NCA NW REAKSIE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *