⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 RUSTENBURG📌

GEWAPENDE ROOF
Sondag 22/12/2019 om 03:10 het Kobus Ferreira NCA/RCCF op Zello gevra vir bystand met ń gewapende roof in Bethlehem Straat in die 60’s. Ons het baie vinnig reageer op die roep.
Op die toneel kon Flip een van die verdagtes oor die muur sien spring. Ons het die area gepatrolleer maar kon geen verdagtes in die Strate sien nie..
Die 3 verdagtes het toegang tot die huis gekry deur ń venster oop te maak en die divering oop te buig.
In die huis het hulle handgemeen geraak met die inwoners en ń ou man is oor die kop geslaan met ń crowbar. Die inwoners is ook gespuit met pepperspray.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Kobus Ferreira NCA/RCCF,
Leonie Swanepoel NCA/RCCF
Flip vd Merwe RCCF, SAPS wat ook baie vinnig op die toneel was en die Indier gemeenskap wat in groot getalle opgedaag het. Ook ń groot dank vir Amaar wat die beseerde bygestaan het met 1ste hulp.
Faan Swanepoel NCA NW REAKSIE

Leave a Reply

Your email address will not be published.