NCA NW REAKSIE
Swartruggens
Inbraak/Diefstal
Dinsdag 4/8/2020 om 22H15 het MILLVALE plaaswag beheerkamer Arnold Myburg NW Reaksie vir Rudolf de Kock NCA en Timothy Strydom NCA laat weet van n huisbraak by een van hul plaaswag lede by Paradys op die N4.
Rudolf en Timothy was besig met patrollie in daardie omgewing en het dadelik reageer na die toneel.
Met hul aankoms by die Lodge is daar vreemde Adida tekkie spore gevind en hulle het die area deursoek en gevind dat n ketel, gasbottol en microgolf gesteel is.
Die boosdoeners het ook probeer by nog n gebou inbreek deur die slot boks met ystersaag oop gesaag.
Dit is toe dat die eienaar wakker word en bystand ontbied het.
SAPD is ontbied maar hul het gesê hul kom die volgende oggend die saak ondersoek.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Arnold, Rudolf en Timothy almal van Millvalle plaaswag/ NCA NW Reaksie vir jul vinnige optrede.
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie