Man benodig hulp, Shelly Beach

24-07-2020

Ek, Ricardo Wahl, was op pad werk toe, 05:19 om my skof te begin, in Shelly Beach. Ek het verby ‘n motor handelaar geloop toe ń flitslig my aandag trek. Die lig het begin beweeg. Onmiddellik het ek ondersoek ingestel en gesien dat ‘n man agter ń glas deur paniekerig vir hulp skree. Ek het dadelik op die lokale area Whatsapp groep om hulp gevra en hulp is onmiddellik ontbied. Sekuriteit het binne sekondes by opgedaag en die man is gehelp.

Baie dankie aan:

Mäser Sekuriteit

Wolf Sekuriteit

Ricardo Wahl NCA Reaksie, Kwazulu Natal

Leave a Reply

Your email address will not be published.