⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 BOSHOEK📌
MOTORKAPING
Maandag 17/03/2020 om 12:15 kry Gideon Erasmus NCA NW Reaksie/Boshoek GPF ń oproep van Hennie Scheepers af wat bystand vra met ń motorkaping op die Easten Bypass pad naby Lebone.
Hennie se skoonouers is besig om die voertuig te agtervolg om te kyk watter rigting hulle vlug. Hulle laat weet hulle beweeg rigting Boshoek.
Gideon het ook dadelik vir Meshack van Rustenburg Flying Squad gebel en dit so gerapporteer.
Die mense wat die betrokke swart BMW X1 agtervolg het, het laat weet die BMW het afgedraai Rasimone Village se kant toe en hulle gaan omdraai om die slagoffers te gaan bystaan en kyk dat hulle veilig is.
Gideon en sy skoonseun het ook gereageer op die versoek maar SAPS was te vinnig vir die boewe en het die BMW in Rasimone Village gekry, maar die kapers het ongelukkig weggekom.
🤝🏻THANKS TO🤝🏻
Gideon Erasmus NCA NW Reaksie/Boshoek GPF, Hennie Scheepers en skoonouers, Meshac Rustenburg Flying Squad en SAPS for your rapid response 🏅