SITUASIE TERUGVOER

NOMMERPLAAT WAARSKUWING

16/07/2020

14:49

GESTEELDE VOERTUIG

Athlone CAS # 214/4/2019

CY82297

Charcoal

Mazda CX5

14:49

SB15 stel AM2 in kennis van waarskuwing.

AM2, A1, A20 beweeg na Riversdal N2.

AM2 stel AO Busch, Riversdal GDS en voertuig RD7 patroleer N2.

SB15 beweeg na R305, Stilbaai/N2 afdraai.

A17 beweeg na N2, Albertinia.

14:58

A1, AM2 & A20 kry oë op voertuig

Voertuig draai by Bali Trading in, A1 & AM2 ry aan en A20 hou dop vanaf Bali Parkeerterrein.

SB15 beweeg in Bali Trading toe.

AM2 maak kontak met Kol Adonis, Athlone GDS bevelvoerder om instruksies te ontvang.

Voertuig is nog positief maar stelsel ‘offline’. Moet deur SAPS afgetrek word.

Voertuig vertrek Albertinia rigting op N2.

15:20

A20 & SB15 behou oë op die voertuig.

AM2 maak kontak met Kpt Botha, Albertinia GDS Bevelvoerder, voertuig is gestuur N2 toe.

AM2 verduidelik aan Provinsiale Verkeer, voertuig M18 & M7 situasie, hul staan by op N2 om voertuig af te trek en oor te handig aan SAPD Albertinia.

AM2 maak intussen kontak met Kpt Livi, Crimes Unit Kaapstad, hy bevestig die voertuig is NIE gesteel nie maar dat die registrasienommer aan ‘n Nissan Bakkie behoort het wat gesteel was.  Voertuig moet deur VISS geclear word, dus moet voertuig afgetrek word om alle VIN, ENJIN en stelsel nommers deur te gee om die Mazda CX5 van die stelsel af te haal.

16:07

Voertuig is suksesvol afgetrek deur Provinsiale Verkeer, Sgt Fieilies en AM2 verduidelik die situasie aan die eienaar, Mnr Liebenberg.

Voertuig is begelei Albertinia GDS toe.

18:48

Kpt Vos, VISS Hoof Oudsthoorn het klaring gegee vir die voertuig en permissie gegee om verder te reis.  Herregistrasie van voertuig moet binne 7 dae geskiet.

Kpt. Livi, bevestig na ondersoek dat Nissan Bakkie terug gevind is en dat die eienaar nooit Athlone SAPD in kennis gestel het nie.

Die docket is getrek en beide voertuie sal binne 7 dae afgehaal word van die eNatis stelsel.

18:53

Alle lede staan af.

A1

AM2

A17

A20

SB15

117kms

5 ure

Mnr Liebenberg stuur sy dank aan al die lede wat hom en sy vrou bygestaan het en prosedures verduidelik het.

Weereens bewyse, dat samewerking tussen Rolspelers en Plaaswag van hoe gehalte is!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *