📌 PIETERSBURG 📌

Vrydag 28/02/2020 @ 19:00
My Verloofde kry ‘n oproep van haar Bestuurder (Willem Klemp) dat die Petroljoggies by hulle werk (Engine 1-stop The Ranch), +/- 27km Suid van Polokwane (Pietersburg), aangeval word met knuppels en kieries.
Ek en sy klim in my voertuig om bystand te gaan gee.

Op pad daarheen plaas ek ‘n stemboodskap op die NCA Limpopo Responders Whattsapp groep. Ek plaas dieselfde stemboodskap op ‘n ander Noodgroep in Polokwane, 1st Rapid Responce Plk.

Ek skakel dadelik ook vir Kol. Pilusa van Westenburg SAPS wat my verseker hy stuur vir my ‘n voertuig om ons by te staan.
Omtrent 19:10 stop ek en my Verloofde by Engine 1-Stop The Ranch en op die oog af lyk alles rustig. Ek doen ‘n asseseering van die omgewing en vind nie enige onmiddelike gevaar nie. Op die stoep in een van die hoeke sien ek ‘n middeljarige man en vrou saam hulle bagasie en twee honde. Ek laat die “supervisor” aandiens roep en vra vir hom wat die moeilikheid is.
Intussen het ‘n derde man, geklee soos ‘n Sekuriteitswag, by die man en vrou op die stoep aangesluit.
Die “supervisor” vertel aan my dat die man wat soos ‘n Sekuriteitswag geklee is moeilikheid met die Kliente soek.
Daar word volgens hom vir al die Kliente wat daar stop gevra vir geld en kos en as hulle nie iets wil gee nie word hulle gevloek. Die man en een van Kliente het ook handgemeen geraak met mekaar.
Die Kassiere in die winkel het aan my vertel dat die persoon ook in die winkel ingekom het en gevra het vir geld. Hulle is ook bang om uit te gaan na die badkamers aangesien hulle dan verby die man en die honde moet beweeg.

Nadat ek soveel inligting as moontlik bymekaar gemaak het, het ek na die drie persone gestap, vriendelik gegroet en myself voorgestel. Ek het ook my NCA ID kaart getoon om te bevestig wie ek is.

Ek het aan hulle verduidelik wat die beweerde aantuigings teen hulle is. Hulle het aan my vertel dat hulle met ‘n geleentheid tot daar gekom het en nie vervoer verder het nie en dat hulle net daar wil skuil in die hoek teen die koue wind. Alle aantuigings teen hulle het hulle egter van die hand gewys. Die Bestuurder het intussen daar aangekom en by my aangesluit en hulle versoek om die perseel te verlaat aangesien hulle die Kliente weg jaag met hulle gedrag. Weereens het die mense die beskuldigings van die hand gewys.
Op my versoek het ek en die Bestuurder na die kantoor gegaan om na die video materiaal te kyk wat beskikbaar is.
Drie SAPS voertuie met 6 SAPS lede verbonde aan SAPS Westenburg, het by ons aangesluit. Die situasie is aan SAPS verduidelik. Hulle het aangebied om die persone te verwyder van die perseel af en af te laai by Buffalo Inn, so 10km Noord van Polokwane aangesien hulle gereël het om daar tuis te gaan.
Die drie persone het ingestem en in een van die SAPS voertuie hul bagasie en honde gelaai. Daarna het hulle die SAPS voertuig geklim en is saam die voertuig weg.
Ek het Kol. Pilusa geskakel en hom bedank vir hulle vinnige reaksie en bystand.
Geen saak is geopen nie aangesien dit sonder enige probleme uitgesorteer is.
Daar is ook nie ‘n aanranding saak geopen nie, aangesien die Klaer die toneel verlaat het en dit nie aangemeld het nie.

🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Francois en jou verloofde van NCA vir julle vinnige optrede.
Kol. Pilusa en SAPS lede van Westenburg SAPS en
1st Rapid Response Plk.

Leave a Reply

Your email address will not be published.