⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 LICHTENBURG/KOSTER📌

PAD BYSTAND
Donderdag 29/11/2019 om 20:17 is ek genader oor ń onklaar voertuig met 2 mans en ń 3jarige kind so 20 km uit Koster uit. Hul fone is pap en die voertuig het al 14:00 onklaar geraak.
Ek het met Rosette van Koster kontak gemaak en sy en Kobus het gou by die winkel gestop om vir die mense iets te ete en drinke te kry. Hulle het gery tot by die Ventersdorp/ Swartruggens kruising maar kon niks kry nie.
ń Voertuig wat van vooraf gekom het, het bevestig, hulle het die voertuig 10km buite Lichtenburg gesien. Rosette-hulle staan af.
Ek maak Kontak met James Walker van Lichtenburg en reageer ook dadelik.
James het hulle gekry en hulle terug gesleep Lichtenburg toe tot by die motorhawe waar hulle fasiliteite het en veilig is.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Kobus en Rosette NCA NW Reaksie/Koster GPF en James Walker NCA NW Reaksie vir jul opoffering en om uit jul pad te gaan om jul medemens te help.🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie

Leave a Reply

Your email address will not be published.