⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 VENTERSDORP/R30📌

PADBYSTAND
Dinsdag 03/03/2020 om 12:21 het ons ń Noodroep vir bystand op ons NW REAKSIE W/app platvorm gekry van ń Skoolbus met Laerskool kinders wat staan met ń pap wiel op die R30 naby ń Nedersetting waar die betogers besig is om die bus te nader.
Ek het vir Frikkie Boshoff NCA NW Reaksie lid van Ventersdorp gekontak en hy het van sy kant af dinge begin reël vir bystand.
Jaen vd Merwe en Johann Claassen ook twee van ons NCA NW Reaksie lede het van Rustenburg af ook gery om bystand te gaan bied.
Om 12:56 het Awie van Staden NCA NW Reaksie terugvoer gegee dat bystand op toneel is en hulle is besig om die wiel te ruil.
Om 13:12 het Jaen vd Merwe laat weet die bus is gereed om te vertrek en almal is veilig.

🤝🏻Baie Dankie🤝🏻
Frikkie Boshoff, Awie van Staden, Jaen vd Merwe en Johann Claassen vir jul betrokkenheid en bystand.
Verder wil ons ook ons dank oordra aan Orten van Jaarsveld en sy Buurtwag lede van Ventersdorp se kant af wat kom bystand bied het en so ook SAPS, Verkeers Polisie en POPs vir hul deelname.🤝🏻
🎖Verder wil ons net vir Jaen van der Merwe wat as verkenner vooruit gery het met die terugkeer van die kinders en Johann Claassen wat die busse ge escort het tot hier in Rustenburg.🥇

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *