⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 VENTERSDORP📌

PADBYSTAND
Woensdag 6/5/2020 om 05:56 het Kobus Ferreira NCA/RCCF my op Zello geroep en bystand gevra, vir ń dame wie se motor gestrand staan op Ventersdorp.
Ek het met Frikkie Boshoff NCA NW Reaksie kontak gemaak wat op sy beurt gereël het vir ń motorwerktuig
kundige wat dadelik reageer het en gaan bystand bied het.
Om 07:44 het ek terugvoer gekry dat die voertuig reg is en dat die dame Ventersdorp veilig verlaat het en kon haar tog Kaap toe voort sit.

🤝🏻 Baie dankie 🤝🏻
Frikkie Boshoff NCA NW Reaksie en Niel Fourie vir jul vinnige hulp en bystand. 🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie

Leave a Reply

Your email address will not be published.