⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 BRITS/GELUK📌

PLAASAANVAL
Donderdag 12/03/2020 om 10:00 het ek ń boodskap van Brits GPF Sek 1 ontvang vir bystand waar ń bejaarde egpaar aangeval en aangerand is deur twee gewapende rowers. Daar is ook verskeie items gesteel.
Ek het die boodskap herlei na NCA NW Reaksie lede in daardie omgewing.
Die verdagtes het hulle rieme styfgeloop deur ń groot groep gewilliges wat gereageer het op die noodroep en al twee die rowers is vasgetrek.
Om 13:40 het een van ons NW Reaksie lede op toneel my laat weet dat al twee die verdagtes vasgetrek is en dat hulle afstaan van die toneel af.
Vir veiligheidsredes word hier geen Name genoem nie omdat die volledige ondersoek nog nie afgehandel is nie en nog nie duidelik is wie op die verdagtes geskiet het nie.

🤝🏻Baie dankie🤝🏻
NCA NW Reaksie, Brits GPF, KGBG, RM lede, Tactical K9, Skeerpoort Petroleum, SAPD Lugfleul en die persone met die derde Helikopter wat bystand gebied het.🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie

Leave a Reply

Your email address will not be published.