⚔️NCA NW REAKSIE⚔️
📌Doornpan Ottosdal 📌

PLAASAANVAL SITRAP
24/07/2020

‘n Noodberig ontvang van Sarel van Zyl, Doornpan, Ottosdal.
NCA reaksie lid is gekontak.
Ek Awie en Mr Kriel (NCA reaksie lede) is uit na die toneel. Met ons aankoms op die plaas Doornpan het ons drie verdagtes in mielieland sien in vlug. Lugsteun micro vliegtuig het ook op toneel opgedaag om vedagtes te spot in mielieland. Daar is agter hul aan te voet. SAPD het ook opgedaag en is saam in lande in. Een verdagte is opgespoor deur NCA lid, en aan SAPD oorhandig. Intussen het verskeie plaaswagte opgedaag en die terrein af gekordon waarop die ander twee verdagtes ook in mielieland gearresteer is. Polisie lugvleul en plaasboere met vliegtuie het deelgeneem aan die operasionele situasie. Een verdagte was gewapen.
Mr van Zyl is gering beseer.
Toneel is oorhandig aan SAPD.

🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Pieter Kriel en Awie van Staden NCA
Afriforum
Oorgrensveiligheid
Plaaslike boere
Lt/Kol Stapelberg wat Noordwes Landelike Veiligheid Hoof is, spreek ook sy dank uit aan almal betrokke

Dankie aan almal betrokke vir jul bystand, puik werk
🤝🏻
Faan Swanepoel
NCA NW Reaksie hoof

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *