Plaasaanval Rietvlei, Gods Window, Rustenburg, Noordwes

NCA Noordwes Reaksie
Rustenburg
Rietvlei
Gods Window
22/09/2020
Plaasaanval

‘n Swart verdagte geklee met rooi en swart broek en met swart hoodie het huis no 4 omstreeks 20:40 by Gods Window binne gegaan, na die ma in die huis in gegaan het en ‘n 9mm pistool op ‘n 4 jarige dogtertjie gerig en toe die ma dit sien het sy vir haar man wat op die bed gelê het geskree, toe die verdagte die pa sien het hy eerste op hom gevuur . Die pa het toe afgerol van die bed af en sy haelgeweer gegryp en terug gevuur op die verdagte . Daarna het die verdagte nog paar skote gevuur en op die vlug geslaan in ‘n Noordelike rigting. Toe het NCA manne met 3 honde spoor gevat tot by Rietvlei begrafplaas waar die spoor weg geraak het en die verdagte op gelaai is . Ons het afgestaan om 00:05. Daar was ‘n verdagte Kia bakkie vermoedelik betrokke. Die saaknr is CAS 542/9/2020.
Baie dankie aan alle betrokke partye in besonder
NCA Noordwes Reaksie lede
NCA Noordwes K9 lede
Boet Vermaak

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top